Meksikaanse hoender
6 persone
1.5kg hoenderporsies
sout en peper
25ml olie
2 uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 groen soetrissie, in repe gesny
halwe rooi soetrissie, in repe gesny
12,5ml botter
30ml koekmeelblom
25ml tamatiepasta
12,5 ml druiwe asyn
250ml hoenderaftreksel
250ml mediumroomsjerrie
50ml rosyntjies, geweek
15 swart of groen gevulde olywe
Voorverhit oond tot 180 C Smeer oondvaste bak met botter.
Geur die hoenderporsies goed met sout en peper. Braai in die verhitte olie tot bruin.
Verwyder uit pan en pak in die oondskottel.
Soteer die uie, knoffel, groen en rooi soetrissie in die olie tot sag.
Skep oor die hoenderporsies.
Voeg 12,5ml botter by die olie in pan en smelt. Verwyder van die hitte en roer die koekmeelblom by. Roer tot 'n gladde pasta.
Voeg die tamatiepasta, druiweasyn en hoenderaftreksel by en meng goed.
Verhit, terwyl gedurig geroer word, totdat die mengsel kook.
Voeg die sjerrie by en bring weer tot kookpunt.
Voeg die rosyntjies by en giet oor hoender.
Bedek en bak ongeveer 30 minute lank totdat hoender sag is.
Voeg olywe ongeveer 10 minute voor die einde van die baktyd by.
Baie lekker vir my gesin
No comments:
Post a Comment