Koue koejawel nagereg
6 mense
1 x 410g blik koejawels
15ml mielieblom (maizena)
125ml suurlemoensap
1 x 385g blik kondensmelk
250g roomkaas
250ml room
1 x 200g pakkie tennisbeskuitjies
Dreineer koejawels maar behou stroop. Sny die koejawels in klein stukkies en verhit dit saam met die stroop net tot kookpunt.
Meng die mielieblom met 'n bietjie water tot 'n pasta en roer dit by die koejawels in. Prut vir 'n paar minute tot dik en laat afkoel.
Roer die suurlemoensap (ek verkies vars uitgedrukte suurlemoensap) by die kondensmelk tot die verdik. Klits die roomkaas liggies en klits dit dan by die kondensmelk in.
Klits die room met 'n skoon klitser tot sagte punte vorm.
Vou die helfte van die room by die roomkaas mengsel in. Skep 'n derde van die koekiekrummels in 'n glasbak en smeer die helfte van die roomkaasmengsel egalig bo-oor.
Skep die helfte van die afgekoelde koejawels bo-op en strooi nog 'n derde van die krummels oor. Herhaal die lae met die orige roomkaasmengsel, koejawels en krummels.
Skep die orige room bo-op en verkoel dit tot gestol
Hierdie resep het ek nog nie gemaak nie, dus het ek geen kommentaar van my gesin. Sodra ons dit ge eet het sal ek die kommentaar publiseer
No comments:
Post a Comment