MAALVLEIS 6 - 8 persone
2 eiervrugte, in cm ringe gesny
1kg maalvleis
2 uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
30ml kerriepoeier
60ml koekmeelblom
60ml tamatiepuree
60ml blatjang
60ml worcestersous
300ml vleisaftreksel (gebruik een oxo blokkie)
2 piesangs, in skywe gesny
5ml sout
BOLAAG
300ml piesang joghurt
2 eiers, geklits
60ml koekmeelblom
3ml borrie
3ml kerriepoeier
Strooi sout oor eiervrug skywe. Laat 30 minute staan in vergiettes of afkoelrak. Maak droog met handdoekpapier en sny in cm blokkies.
Verhit oond tot 180 grade
Braai maalvleis tot gaar en skep uit. Soteer uie en knoffel tot sag. Voeg eiervrug blokkies en kerriepoeier by. Roerbraai nog 'n minuut lank. Strooi koekmeelblom oor en meng liggies. Voeg maalvleis en res van bestanddele by. Prut sowat 5 minute. Skep in oondbak.
Meng al die bestanddele vir die bolaag goed saam en giet oor vleis. Bak 30 minute lank of tot gaar en gestol.
No comments:
Post a Comment