10 persone
Maak 2 dae voor benodig
1kg wortels, in dun skywe gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in repe gesny
2 middelslag uie, in ringe gesny
1 pakkie tamatiesop
250ml water
sout en peper na smaak
200ml wit asyn
125ml kookolie
250ml suiker
7ml mosterdpoeier
10ml woscestershire sous
Kook wortels tot halfgaar, dreineer en laat goed koud word. Rangskik wortels, soetrissierepe en uieringe in lae in 'n groot bak met deksel wat lugdig kan seel.
Meng die res van die bestanddele,erhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook 2 minute saam.
Gooi warm oor die slaai en laat dit met behulp van 'n tafelmes in die middel en langs die kante van die slaai goed inloop.
Laat afkoel, sit deksel op en marineer vir 2 dae in koelkas voor opdiening.
No comments:
Post a Comment