Potgebraaide skaapboud
6 porsies
10ml gemaalde koljander
10ml paprika
2.5ml gemaalde gemmer
2 knoffelhuisies, gekneus
sap van 1 suurlemoen
45ml olyfolie
15ml botter
1,5kg skaapboud
sout en varsgemaalde swartpeper
2 wortels, in skyfies gesny
1 ui, gekap
2 seldery stingels, gekap
125ml rooiwyn
250ml vleisaftreksel
5ml tamatiepasta
mielieblom om sous te verdik
Meng speserye met knoffel, sap en 15ml van olyfolie en smeer die mengsel oraloor die vleis. Bedek en plaas oornag in die yskas.
Verhit die orige olie en botter in 'n swaarboomkastrol. Verbruin die boud alkante en haal uit.
Soteer die wortels, ui en seldery tot die ui sag is en verlaag die hitte.
Sit die vleis bo-op die groente en voeg die wyn, aftreksel en pasta by. Geur na smaak en sit die deksel op.
Potbraai die vleis oor lae hitte vir 80 minute of tot die vleis gaar is na smaak. Haal vleis uit, verdik sous met mielieblom wat eers met bietjie water gemeng is. Geur sous na smaak
Eks opgewonde oor hierdie resep. Sal kommentaar van gesin publiseer
No comments:
Post a Comment