Groenbone met eiersuursous
Genoeg vir 6 mense
750g groenbone, stingels verwyder
2 ekstra groot eiers, geklits
80 ml suiker
knippie sout
100 ml druiwe asyn
50 ml water
1 hardgekookte eier
Kook die groenbone in 'n klein hoeveelheid kokende soutwater tot net gaar. Dreineer en hou warm.
Meng die eiers, suiker, sout, druiwe asyn en water. Verhit oor kookwater terwyl gedurig geroer word totdat die sous verdik.
Skep die groenbone in 'n warm groenteskottel. Giet die sous oor. Rasper die hardgekookte eier oor.
Gereg kan koud of warm bedien word
No comments:
Post a Comment