Vakansieslaai 6 - 8 persone
1 x 410g perskeskywe
1 x 410g pynappelskywe
1 x 400g fles wit piekeluie
1 x 410g blik gebakte bone in tamatiesous
SOUS
15ml suiker
15ml matige kerriepoeier
50ml appelkooskonfyt
15ml mielieblom
'n paar druppels tabasco sous indien verkies
Dreineer perske en pynappelskywe, maar behou stroop.
Dreineer uitjies en behou vloeistof.
Sny perske en pynappel skywe in blokkies en meng met die boontjies.
Sny die uitjies in kwarte en voeg by.
Meng die vrugtestroop en die uit se vloeistof in 'n kastrol. Roer die suiker en kerriepoeier by. Voeg die appelkooskonfyt by en verhit tot kookpunt.
Meng die mielieblom met 'n bietjie water en roer by die mengsel sodra dit kook.
Roer tot die sous verdik en haal dit van die stoof af.
Geur met tabasco sous en giet oor die vrugtemengsel.
Meng goed deur en verkoel tot benodig.
Slaai hou goed in lugdigte houer in koelkas
No comments:
Post a Comment