2 middelslag botterskorsies
3E gesmelte botter
2 vet knoffelhuisies, gekap
vars salie blare
250ml dik room
60g gerasperde parmesaam kaas
Kook botterskorsie tot byna gaar (20 minute)
Dreineer, sny en skraap die pitte uit
Sit die botterskorsie helftes in oondpan met oopkant na bo.
Maak met 'n skerp mes insnydings kruis en dwars in 'vleis' van botterskorsie
Sit 'n klontjie botter in elke helfte, sprinkel salie blare en knoffel oor.
Giet die room in die holtes en sprinkel die kaas oor.
Bak vir 20 tot 30 minute tot sag en goudbruin
No comments:
Post a Comment