Kleurryk en baie lekker
30ml olyfolie
2 rooi uie, geskil en in kwarte gesny
200g jong groenbone, koppe verwyder
1 rooi soetrissie
1 groen soetrissie
250g knopies sampioene
250g botter skorsie blokkies, effens sag gekook
8 klein uitjies, effens saggekook
5ml sout
5ml growwe swartpeper
15ml heuning
10ml vars gekapte roosmaryn
15ml tuisgemaakte dukkah (resep volg)
Braai rooi uie, groenbone, soetrissies en sampioene vir 'n paar minute in olie tot gaar, maar ferm.
Voeg botterskorsie blokkies en uitjies by.
Geur met sout en peper.
Voeg heuning en gekapte roosmaryn by. Braai vir verdere minuut of twee
Strooi dukkah oor (opsioneel)
Tuisgemaakte dukkah
500ml haselneute
375ml sesame saad
90ml koljandersaad
90ml komynsaad
15ml swart peperkorrels
15ml growwe sout
Strooi haselneute in vlak bakplaat en rooster 20 minute by 180 grade C in oond.
Keer dan in 'n skoon droe doek uit, Vryf hard sodat die doppies van die neute afkom. Hou eenkant.
(Ek het my besimpeld gevryf en nie die doppies goed afgekry nie. Dalk het die neute te koud geword of ek nie hard genoeg gevryf nie)
Verhit 'n pan op die stoof en strooi sesam-, komyn- en koljandersaad daarin.
Skud die pan met die saad oor die hitte totdat geure begin ontsnap en die sade goudbruin word.
Verwyder van hitte en keer dadelik uit pan sodat sade nie verder braai nie.
Meng nou die neute, sade, sout en peper in 'n voedselverwerker en maal dit fyn.
Bêre in 'n lugdigte houer in die yskas.
'N bate in jou huis. Kan enige slaai op soosh met dukkah
No comments:
Post a Comment