100ml sago
1 liter melk
30ml botter
2 eiers, geskei
75ml volkoringmeel
20ml vlapoeier
Knippie sout
125ml water
Kaneel na smaak
Meng 1 koppie melk met sago.
Kook vir twee en 'n halwe minuut op 100% krag in mikrogolf oond
Roer goed
Voeg die res van die melk en botter by die sago mengsel
Mikrogolf vir 5 minute oop op 100% krag
Roer gereeld
Klits eiergele goed en meng met die volkoringmeel, vlapoeier, sout en water (pasop vir klonte)
Voeg dit by die sago mengsel en roer goed.
Mikrogolf vir 6 minute op 100% krag - roer na 3 minute
Haal uit en roer goed deur.
Klits eierwitte styf en vou by die sago mengsel in. Strooi kaneel oor
No comments:
Post a Comment