Ek het gisteraand die fliek Julie & Julia onder oe gehad.
Dit is ook my man se idee dat ek ons spyskaarte en resepte moet bekendstel aan ander. Hy vertel vir almal dat hy soos 'n koning eet. Hy is regtig so 'n klein etertjie, maar gelukkig is ons seun Eric, 27, nog in die huis. Hy eet baie gesond en 'n goeie hoeveelheid. Hy pak selfs van die aandete in vir werk die volgende dag omdat hy nie graag brood eet nie.
Maar net soos in die fliek eet my liewe man ook gereeld 'n 'Tums' omdat hy te geil ge eet het.
Die spyskaart makery is al meer as ses jaar deel van my lewe. Ek het 'n huishulp gehad, Josephine, wat baie veelsydig was. Sy kon uit 'n resepte boek kook. Daarom het ek spyskaarte gemaak, die regte bestanddele gekoop en sy het die kos voorberei.
Toe is ons seun Robert in 'n frats ongeluk dood!!!!!
Josephine raak toe swanger op 40 en kon nie meer die pas volhou nie. Toe bedank sy.
Ek moes toe noodgedwonge verder kook! Ek was nog nooit 'n goeie kok nie, maar met al die hartseer in my lyf was kook 'n baie goeie ontvlugtings metode.
Josephine is nou terug by my vir 3 dae per week. Die werk is dus nou te veel dat sy ook nog kan kook.
Daarom is ek nou die kok, en 'n goeie een ook volgens my man en seun.
No comments:
Post a Comment